Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het aangekondig hy het ‘n historiese ooreenkoms onderteken wat wedersydse visumvrye toegang tot Suid-Afrika en Okraïene aan houers van diplomatieke, amptelike en dienspaspoorte verleen.

IOL berig Schreiber het die aankondiging op sosiale media gemaak en gesê Oekraïne is steeds ‘n waardevolle bondgenoot en vriend, wat Suid-Afrika sedert die stryd teen apartheid ondersteun het.

LEES MEER: Schreiber sê departement se witskrif moet by Grondwet aansluit

Hy hoop dat President Cyril Ramaphosa die ooreenkoms binnekort sal onderteken om diplomatieke bande te versterk.

Intussen het Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, Schreiber se aankondiging bevraagteken, aangesien die president nog nie die ooreenkoms formeel gemagtig het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×