Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het gesê ‘n spesiale eenheid moet op die been gebring word om onwettige myners, oftewel zama zama’s, uit te roei. Dit volg na die dood van 17 mense Woensdagaand in die Angelo-informele nedersetting in Boksburg. Lekkende gassiliders wat die zama zama’s gebruik, het tot die tragedie gelei. Nog tien mense word in die Tambo-hospitaal in Boksburg behandel. Lesufi het gister aan Netwerk 24 en ander media gesê die zama zama’s is swaar gewapen en die polisie het nie noodwendig dieselfde kapasiteit om met dieselfde vuur terug te slaan nie. Landswette beperk ook optrede teen onwettige myners. Lesufi het gesê zama zama’s steur hulle aan geen wet nie, hulle skiet net as iemand hulle pla. Suid-Afrika is baie gewelddadig, het hy gesê.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×