Die Oos-Kaapse hooggeregshof het gister lewenslange tronkstraf opgelê aan ‘n voormalige onderwysbeampte wat aan verkragting skuldig bevind is. Die hof het die getuienis teen die 54-jarige Lou Pepping oortuigend gevind en opgemerk dat hy nie berou het nie. Pepping het ’n sesjarige meisie na sy kamer gelok en haar verkrag. Die hof het ook beveel dat sy naam in die nasionale register van seksoortreders opgeneem word. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag Luxolo Tyali sê die samewerkingspoging tussen die gemeenskap en wetstoepassing het verseker dat geregtigheid geskied.
