Die 95 Libiese burgers wat verlede maand by ‘n vermoedelik onwettige militêre opleidingskamp in Mpumalanga in hegtenis geneem is, sal vandag terug na Libië gedeporteer word. Die Departement van Binnelandse sake sê hy het sy rol in die Libiërs se deportasie afgehandel.
Die groep sal na verwagting van die Kruger Internasionale Lughawe vertrek en in Benghazi land. Hulle is 48 uur gegun om Suid-Afrika te verlaat nadat die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag alle aanklagte teen hulle teruggetrek het. Libiese owerhede het Suid-Afrika verseker dat die groep nie bestraffende behandeling of straf in die gesig sal staar met hul aankoms in hul tuisland nie.