Die Life Pasteur Rehabilitasie-hospitaal in Bloemfontein sluit sy deure einde Mei. Die streeksbestuurder van Life Gesondheidsorg, Bhaviksha Maharaj, het gesê die goep is deurentyd besig om sy dienste volhoubaar en relevant in elke gemeenskap te lewer. Maharaj het gesê die groep het gekyk na wat die impak sal wees op die gesondheidsorg van pasiente wanneer die hospitaal sluit en watter alternatiewe akute rehabilitasie beskikbaar is. Geen nuwe pasiënte word meer ingeneem nie. Daar is wel verskeie dienste beskikbaar om in die behoeftes van die gemeenskap te voorsien. Die Life groep het ook sy personeel in ag geneem en is tans in gesprek met verpleeg en administrasie personeel om na sekere opsies te kyk. Van die personeel gaan glo by die Rosepark hospitaal werk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×