Die lugrederye Lift en Airlink, beplan glo om van die lugdiensraad vir lisensiëring te eis dat FlySafair se bedryfslisensie opgeskort word. Airlink en Lift beweer glo dat FlySafair
Suid-Afrika se wetgewing oor eienaarskap oortree. Die beweerde oortredings hou verband met plaaslike aandeelhouding.

Volgens Lift en Airlink voldoen FlySafair nie aan die bepaling van 75% plaaslike aandeelhouding nie. FlySafair sê egter dat hy wél aan hierdie vereiste voldoen. Hy sien sy mededingers se voorneme as blote strategie om sy besprekings te knou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×