Die dodetal staan nou op 26, nadat ‘n blok wooneenhede wat in aanbou was, verlede Maandag in George ineengestort het. Ná bykans 168 uur, gaan soek-en-reddingswerk
ononderbroke voort na die 26 mense, wat teen ongeveer half-een vanmiddag, nog nie in die puin gevind kon word nie.

Hoewel dit moeilik is om te bepaal wanneer soek-en-reddingsprotokol, na die van soek alleen oorskakel, heers daar ‘n diepe bewustheid, dat die tyd hiervoor al nader stap. Netwerk24 meld dat 13 mense mediese sorg in die hospitaal ontvang. Altesaam 81 mense was ten tyde van die voorval op die bouterrein.

Die hoop mag egter nooit beskaam nie . . . in Januarie is opslae gemaak, toe ‘n 90-jarige vrou, ná 124 uur, lewend uit die puin gered is, nadat ‘n massiewe aardbewing die noorde van Japan getref het. Minstens 126 mense is in hierdie ramp dood. ‘n Richterskaallesing van sewe-komma-ses is aangeteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×