Die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein was tot gistraand in duisternis gehul, nadat Centlec sy kragtovoer aan die winkelsentrum Vrydagmiddag gestaak het, weens agterstallige betalings.
Die Mangaung-metro het gistermiddag aan Volksblad gesê uitstaande skuld vir elektrisiteit en water vir talle geboue in Bloemfontein wat aan die Michael-familietrust behoort,
kom ‘n lang pad.
Volgens die metro het Centlec gister elektrisiteitstoevoer na sekere van hierdie geboue, wat die Windmill-casino insluit, gestaak.