Likwidateurs van die VBS-bank het R670-miljoen herwin en dit sal nou aan geverifieerde krediteure terugbetaal word.
Onder die krediteure is 14 munisipaliteite en duisende kliënte wat in die VBS-bank belê het.
Slegs 13 munisipaliteite sal egter hul geld terugkry.
Die bank is gelikwideer, nadat miljarde rande tussen 2015 en 2018 geplunder is.