Minstens vier mense is dood en meer as 40 ander is beseer tydens ’n haelstorm in Bushbuckridge, geleë in Limpopo.

The Citizen berig dat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms uitgereik het, met voorspelde hael, skadelike winde en swaar reën oor verskeie provinsies, insluitend Mpumalanga en Limpopo.

Sommige storms sou waarskynlik ernstig wees met hael, swaar neerslae en sterk tot skadelike winde, waarsku die weerdiens.

Volgens adjunkminister van Basiese Onderwys, Reginah Mhaule, het die haelstorm meer as 30 skole in die area beskadig en ook die administrasie van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens bedreig, terwyl onderrig in meer as 10 hoërskole erg ontwrig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×