Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, CASAC het die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu gekritiseer omdat sy die geloofwaardigheid van die regbank ondermyn. Sisulu het in ‘n opiniestuk wat verlede week gepubliseer is, gevra vir ‘n algehele hersiening van die regbank. Die waarnemende hoofregter, Raymond Zondo het tydens ‘n nuuskonferensie in reaksie op die artikel gesê Sisulu se bewerings is van alle waarheid ontbloot. ‘n Woordvoerder vir CASAC, Lawson Naidoo sê Zondo se verontwaardiging is geregverdig. Naidoo sê die land se regbank is sedert 1994 in wese getransformeer. Hy sê daar is talle swart vroue regters wat die ampseed aflê en verseker dat geregtigheid geskied. Hy sê die minister het nie die bewyse om haar stellings te staaf nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×