Lindiwe Sisulu van die ANC, sê iemand wat ook ‘n ANC-lid is, en wat in die Presidensie werk, haar in 2022 op sosialemedia geteister het. Dit het glo begin nadat sy tot mededinging vir ‘n leierskapsposisie in die ANC toegetree het. Dit was skynbaar op Twitter – wat intussen ‘X’ geword het – dat iemand met die profielnaam “Goolam”, haar geteiken het.
Sisulu sê die verslag van ‘n onafhanklike ondersoek, dui daarop dat dit iemand van binne die presidensie is wat die profiel geskep, en haar geteister het. Die presidensie sê Sisulu moes die saak vir verdere ondersoek aangemeld het. In reaksie op haar aantygings, ontken die Presidensie dit ten seerste, dat een van sy werknemers haar in die kuberruim aangeval het. Aldus die Presidensie moes Sisulu dit lankal vir verdere ondersoek aangemeld het.