Los Angeles in die VSA het ‘n noodtoestand afgekondig omdat ‘n veldbrand binne enkele ure van 10 hektaar tot meer as 2 900 hektaar versprei het.

Sowat 30 000 mense is onder ontruimingsbevele en 13 000 geboue word bedreig. Beeldmateriaal wys huise wat reeds aan die brand is in die Pacific Palisades-omgewing en inwoners wat hul motors verlaat om van die vlamme te vlug.

Die brand word deur sterk winde en ongelooflike droë toestande aangevuur.
Miljoene mense in Kalifornië is onder ‘n rooi vlag waarskuwing, wat beteken dat daar ‘n uiterste brandgevaar is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×