ActionSA wil hê dat kaderontplooiing nie ‘n rol sal speel in die aanstellings van nuwe bestuur vir Transnet nie. Slegs die beste kandidate moet aangestel word om die sinkende Transnet te red. Die party het gesê dit sal die land se ekonomie verder na die afgrond toe bring as bestuurslede op grond van hul verbintenis met die ANC eerder as hul bestuursbevoegdheid aangestel word. Herman Mashaba, president van Action SA, het gesê Transnet is in die huidige situasie waar swak leierskap bygedra het tot meer agteruitgang en werkloosheid. Siza Mzimela, uitvoerende hoof van Transnet-spoorvragvervoer het vandeesweek bedank en volg kort op die hakke van die voormalige uitvoerende hoof van Transnet, Portia Derby en Nonkululeko Dlamini, Transnet se finansiële hoof. Mashaba het gesê die uittog van Transnet se topbestuur is ‘n bewys dat kaderontplooiing misluk het.