Die geskorste maatskappysekretaris van die Nasionale Lotery-kommissie het bedank.
Maroela Media berig Nompumelelo Nene het nagenoeg R6 miljoen rand verdien in die twee jaar wat sy met volle betaling geskors was.
Sy is deur 145 dissiplinêre klagte in die gesig gestaar, onder meer weens haar beweerde versuim om na die belange van die Lotery om te sien en die versuim om behoorlike finansiele bestuur, interne kontrole en die deursigtige gebruik van hulpbronne te verseker.
Sy is ook aangekla van die beweerde misbruik van die Lotery se eiendom en bates.
In haar bedankingsbrief voer Nene aan dat haar skorsing onregverdig was, op konstruktiewe ontslag neerkom en ʼn wesenlike verbreking van haar indiensnemingskontrak is.