Meer as 26-miljoen rand.
Dít is hoeveel ‘n 55-jarige man híérdie keer by Ithuba se hoofkantoor gaan afhaal het, nadat hy die naweek se Lotto Plus-2 gewen het.
Die vorige keer dat hy hier ‘n draai vir wengeld moes maak, was in 2015 toe hy meer as R136 000 in die PowerBall-spel gewen het.
Die wenner, ‘n pa van drie, word as ‘n nederige, saggeaarde man beskryf.
Hy het sy diepe dankbaarheid teenoor Ithuba uitgespreek.
Nie net vir die wengeld nie, maar ook vir die berading en finansiële advies waarvan hy voorsien is.
Hy sê hierdie raad rus hom toe met kennis en selfvertroue om sy geldsake verstandig te bestuur.