Grondbesetters op die munisipale grond digby Lourierpark, moet binne vyf dae trek.

‘n Man wat glo op aanbeveling van ‘n ANC-raadslid hierheen verhuis het, sê aan Rosestad-nuus al wat hy vra, is ‘n klein stukkie grond wat hy sy eie kan noem, en waar hy in vrede kan leef. Hoewel die erwe netjies afgebaken was, en op ordelike manier volgens ‘n erfnommer-stelsel toegeken is, blyk dit dat die besetters glo geen papierwerk ontvang het wat wys dat die grond hulle toegedeel is nie.

Die besetters sê die ANC-raadslede wat hulle hierheen gestuur het, moet die skuld vir die gemors kry, en nié die mense wat goedertrou na die raadslede geluister het nie. Mense sê hulle weet nie meer na wie om te luister nie, en ook nie watter stories hulle moet glo nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×