LP’s en gaste het van laatmiddag by die Kaapstad stadsaal begin aankom vir vanaand se staatsrede. Die president van Cope, Mosiuoa Lekota, het met media buite die gebou gepraat. Hy het sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat die geleentheid in Kaapstad gehou word, omdat bykans almal soontoe moes reis. Hy sê die geld kon beter bestee word.