Die voortslepende Sassa-krisis waarin derduisende van die kwesbaarste mense in die land steeds nie hul ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes ontvang het nie, is ‘n gemors. So het Laetitia Arries, EFF-LP, gese, toe sy en ander LP’s vir Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) behoorlik oor die krisis in die parlement uitgetrap het. Zulu self het haar opregte verskoning uitgespreek teenoor die geraakte mense vir die – wat sy noem -ongerief en ongemak wat hulle sedert verlede Dinsdag weens die sogenaamde uiters kommerwekkende gebeure ervaar. Die maatskaplike toelaes is vir baie die enigste bron van maandelikse inkomste. Intussen hou Zulu en Mondli Gungubele, minister van kommunikasie en digitale tegnologie – onder wie Postbank val – vandag ‘n nuuskonferensie oor die krisis. Intussen het die voorsitter van Postbank, Thobile Wonci en twee ander raadslede het uit die direksie van die staatsbeheerde bank bedank. Hul bedankings is onmiddellik van krag. SABC-nuus berig in hul bedankingsbriewe beskuldig die drie die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele van inmenging en dat hy onnodige druk op die raad toepas. Postbank sukkel steeds om die mas op te kom weens ‘n tegniese fout wat daartoe gelei het dat duisende ontvangers van staatspensioene en toelaes, nie hul betalings kon kry nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×