Volgens Lucas Maree se oudste dogter, Monica, is haar ma, Ilse Maree, skielik die naweek oorlede. Netwerk24 berig sy het die nuus op sosiale media bekend gemaak.
Sanger en jare lange vriend van die Maree-egpaar, Coenie de Villiers, onthou Ilse as ‘n baie goeie vriendin. Hy het sowat ‘n week voor haar afsterwe vinnig by haar hier in Bloemfontein ingeloer, en die nuus kom as ‘n skok, aangesien hy nie geweet het sy was siek nie.
Lucas is in 2009 met prostaatkanker gediagnoseer en is in 2011 in die Hill & Dale-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede. Ilse word as ‘n ware vriendin, veilige hawe vir haar drie dogters en die droomvrou van haar man onthou.