‘n Boete van R70 miljoen is aan Lufthansa uitgereik nadat 128 Joodse reisigers van die VSA na Duitsland wou vlieg maar glo deur die lugredery geweier is.

Die reisigers is aanvanklik glo gekeer omdat hulle nie COVID-19-maskers gedra het nie en daarna weens beweerde wangedrag. Volgens Maroela Media het hulle sigbaar Joodse kleredrag aangehad, met kenmerkende kledingstukke.

Alhoewel die meeste van die reisigers mekaar glad nie geken het nie, is hulle wel behandel asof hulle een groep was.

Die Joodse passasiers het 40 klagtes van diskriminasie aan die Amerikaanse Departement van Vervoer oorhandig.

Alhoewel dit die grootste boete is wat die Amerikaanse owerhede ooit aan ’n redery opgelê het, ontken Lufthansa dat enige van sy werknemers in diskriminasie betrokke was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×