Die Nasionale Kernkragreguleerder is tevrede dat alle persele warby hy in die afgelope jaar inspeksies gedoen het, veilig bedryf word.

Daar is volgens die reguleerder geen beduidende kernkrag-verwante gevaar in Suid-Afrika nie.

Die uitvoerende hoof, Ditebogo Kgomo, het vroeër die week ʼn eerste verslag oor die land se kernkragveiligheid uitgereik.

Die reguleerder doen volgens Kgomo gereeld inspeksies by die Koeberg-kernkragstasie van Eskom by Melkbosstrand aan die Weskus, die Pelindaba-navorsingsaanleg wes van Pretoria en die Vaalputs-kernafvalstortingsterrein in die Noord-Kaap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×