Die Vrystaatse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Mathabo Leeto, het die familie van ‘n 87-jarige vrou wat in Bultfontein vermoor is, besoek.

Nonzenza Mtsi is verlede week in haar huis in Phahameng doodgesteek.

Leeto veroordeel die dade van geweld teen bejaardes en doen ‘n beroep op die gemeenskap om in eenheid te staan ​​om mekaar te beskerm.

Rosestad-nuus het vroeër berig die polisie ondersoek ’n moordsaak nadat Mtsi se halfnaakte liggaam met veelvuldige steekwonde gevind is. Sy is verskeie kere in die rug en nek gesteek. Die motief vir die moord is tans onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×