Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, besoek Maandag die Primrose Primary School in Germiston, waar ‘n graad 6-leerling na bewering Vrydag die skoolhoof geskiet het.

Departementswoordvoerder, Steve Mabona, sê die LUR sal tydens die besoek met die skoolbestuurspan en die skoolbeheerliggaam vergader. Die seun het die skoolhoof na bewering in die skoolgebou geskiet, nadat hy aan ‘n groep leerlinge gesê het om hulle boeke uit te haal en om te leer.

Die skoolhoof is steeds in die hospitaal, waar hy behandeling vir ‘n skietwond kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×