Senior burgers van Metsimaholo Plaaslike munisipaliteit is met feesseisoenliefde, waardering en Kerspakkies oorlaai. Hierdie uitreikprogram het by die Stad van Liefde & Restourasie volle Evangeliekerk in Sasolburg plaasgevind.
Volgens die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume dien die program as platform waar bejaardes vir hul onskatbare bydraes bedank kon word. Hy voeg by dat hul opoffering, liefde, wysheid en alles wat hulle doen om die sawelewing te bou, waardeer word.
Om senior burgers so opgewonde en gelukkig te sien is van onskatbare waarde. Dit is juis om die rede dat die LUR ‘n beroep op almal doen om aan die samelewing terug te gee.