Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling se Elzabe Rockman is op ‘n missie in Jagersfontein om die vordering te bepaal wat gemaak is sedert die regering se ingryping tydens die Jagersfontein-mynramp.
Luidens ‘n plasing op sosialemedia het LUR Rockman begin deur kommersiële boere te ontmoet wat kwessies oor vergoeding en ondersteuning geopper het.
Die grootste uitdaging is die grond wat buite gebruik is en nie gerehabiliteer kan word nie.
Rosestad-nuus het vroeër berig twee mense is in die 2022-ramp oorlede en talle ander is beseer toe die wal van ‘n mynslikdam meegee. Minstens 140 gesinne is dakloos gelaat toe die slikvloed huise verwoes het.