Die saak van poging tot moord op ‘n 6-jarige seun en sy ma in Lutzville, Weskaap, is tot Vrydag, vir verdere bewyse in Christoffel Stoman se borgtogaansoek, uitgestel.
Eyewitness News berig die sewentigjarige boer het sy tweede verskyning in die Vredendal-landdroshof gemaak.
Hy het glo twee weke terug in klein Khwezi en Magdalene Jantjies, in die Weskusdorp ingery nadat hy glo die kind daarvan beskuldig het dat hy ‘n lemoen gesteel het.
Die seun se bene is gebreek en hy sterk in ‘n Vredendal-hospitaa, ná ‘n operasie verlede week in die Paarl-hospitaal, aan.