Lyk al meer belowend dat Vrystaters hulle in 2021 vir plaaslike toetsrugby kan regskuif

 Lyk al meer belowend dat Vrystaters hulle in 2021 vir plaaslike toetsrugby kan regskuif

Lyk al meer belowend dat Vrystaters hulle in 2021 vir die eerste keer in byna drie jaar weer vir plaaslike toetsrugby kan regskuif.
Die kans is ook nie uitgesluit dat die Springbokke weer Bloemfontein as basis gaan gebruik vir een van die laaste paar jaar se groot rugby-kragmetings nie.
Harold Verster, besturende direkteur van die Vrystaatse Cheetahs, sê daar is sterk aanduidings dat die Britse en Ierse Leeus-toer goeie geleenthede vir die Cheetahs sal bied, maar die bal oor ’n finale besluit is in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se hande.
“Vrystaat-rugby sal uiteraard verheug wees om ’n slag weer gasheer vir ’n internasionale wedstryd te speel, des te meer omdat Bloemfontein die afgelope nege jaar slegs twee uit die 42 toetse wat in Suid-Afrika gespeel is, aangebied het,” sê Verster.
Die laaste toetswedstryd in Bloemfontein was in 2018 toe die Springbokke Engeland met 23-12 in die tweede toets van daardie reeks geklop het.

LeandreAdmin@