‘n Lid van 1 Valskermbateljon van die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein, Mokete Mobe, is in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) oorlede.
Hy is een van 13 Suid-Afrikaanse soldate wat in gevegte met die M23-rebelle onlangs hulle lewe verloor het. Netwerk24 berig in een van sy laaste stemnotas aan sy vrou sê hy hy is lief vir haar en dat hy oukei is.
Mobe se familie het Woensdag in die motorhuis by sy huis, in Botshabelo – oos van Bloemfontein, byeengekom om oor hul geliefde familielid te rou.
Netwerk24 het vroeër berig dat parlementslede dringende antwoorde en ‘n ondersoek na die dood van dié 13 Suid-Afrikaanse soldate eis. Die EFF eis ook ‘n noodsitting van die parlement om president Cyril Ramaphosa verantwoordbaar te hou.