‘n Ma en haar twee seuns is in Bloemfontein as vermis aangemeld nadat hulle op Vrydag hulle ouma se huis in Pellisier verlaat het en sedertdien nog nie terugekeer het nie.  Maroela Media berig die 35-jarige ma Anneme’ Kleynhans en haar twee seuns was vermoedelik op pad na die kliniek in Fichardtpark, maar het nie teruggekeer nie.  Die vermistes se fone is almal af en pogings om met hulle kontak te maak was onsuksesvol.  Kleynhans is laaste gesien in ‘n swart denim, rooi t-hemp en donkerpienk tekkies.  Sy het swart hare met ‘n rooi kleur bo-op.  Enigeiemand met inligting word gevra om met die Parkweg polisiekantoor in aanraking te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×