Die Bloemfonteinse ma wat haar babaseuntjie na bewering in ‘n voertuig gelos het, terwyl sy glo by ‘n kuierplek uitgehang het, moet weer op 21 Februarie in die hof wees.
Die 30-jarige vrou staan op aanklag van kindermishandeling tereg, nadat sy die kleinding in Oktober verlede jaar skynbaar voor ‘n kuierplek in Wilgehof toegesluit het.
Netwerk24 skryf die seuntjie het volgens oorggetuies net ‘n doek aangehad, en het onbedaarlik geskree waar hy op die sitplek van ‘n dubbelkajuitbakkie gelê het. Daar was na bewering leë drankbottels in die kajuit.