Die grootste styging in die petrolprys sedert Oktober lê volgende week vir motoriste voor.
Netwerk24 berig die finale onderverhaling op 95-oktaan-petrol vir Maart se brandstofpryse, wat Woensdag moet intree, is R1,20 per liter, wat beteken ‘n tenk van 50 liter sal R60 duurder wees as tans. Die onderverhaling op diesel met 0,005% swael is soortgelyk, op R1,18 per liter, dus R58 meer vir ‘n tenk van 50 liter.
Die onderverhalings is met hoeveel petrol duurder moet word gegrond op die wisseling in internasionale brandstofpryse en die rand-dollar-wisselkoers vir die oorsigmaand vir Maart se pryse wat Donderdag ten einde geloop het. Die swakker rand in die afgelope vier weke dra tussen 17c en 19c by tot die styging in brandstofpryse, maar die grootste rede vir die styging is hoër internasionale brandstofpryse.