Stemgeregtigdes in Suid-Afrika het vandag nog ‘n laaste kans om te registreer vir die algemene verkiesing, wat op 29 Mei plaasvind.
Die verkiesingsdatum is vroeër die week afgekondig, maar nog nie geproklameer nie. Sodra die datum geproklameer word, kan Suid-Afrikaners nie meer registreer om te stem nie. Kiesers moet vanjaar registreer waar hulle woon, en kan net stem by die stempunt waar hulle geregistreer is.
Die registrasiekanale sluit om middernag.