Maatskaplike toelaes sal waarskynlik nie vanjaar kiesers oorhaal om vir die ANC te stem nie. Dit volgens ‘n ondersoek van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika, of CSDA.

Netwerk 24 berig die CSDA het bevind werkskepping, dienslewering en ‘n beter lewe dra meer gewig as toelaes. Volgens die ondersoek is daar nie meer ‘n groot rede dat mense vir die ANC sal stem omdat hulle bang is om hul toelaes te verloor nie, omdat opposisiepartye ook toelaes steun.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×