Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sal duisende van sy huurkontrakte ondersoek. Volgens Dean Macpherson, departement minister, sal die ondersoek vasstel of die huurkontrakte binne die grense van die wet uitgevoer is en of die regering markverwante pryse daarvoor betaal het.
Dit sal die departement se tweede ondersoek wees nadat hy ‘n IT-sekuriteitsbreuk van 300 miljoen rand begin ondersoek het. Macpherson voeg by dat sy departement ook op die aftakeling van die konstruksie-mafia in die land sal fokus.