Thoko Didiza, Speaker van die Nasionale Vergadering, sê konstruksiewerk by die brand beskadigde parlementskompleks in Kaapstad is op koers. Die Nasionale Vergadering het gister in ‘n markiestent op ‘n parlementêre parkeerterrein byeen gekom.
Didiza sê daar word versoek dat die koepelstruktuur van die 2013-begrafnisdiens van wyle oudpresident Nelson Mandela, opgerig moet word om die parlement in die tussentyd te huisves. Die EFF het tydens ‘n debat oor die parlement se begroting van meer as R4-miljard, weereens daarop aangedring dat die parlement na Gauteng verskuif word.