Alhoewel die meeste gebiede in dieMangaung Brandbeskermingsvereniging- (MAFPA) area bietjie reën ontvang het,is daar steeds baie dooie gras tussen die groen gras wat kan brand en ‘n gevaarlike hoeveelheid rook kan skep.

MAFPA waarsku inwoners om versigtig tewees vir die sogenaamde groen-vure.

Volgens MAFPA se statistieke was daar ongeveer 740 brande in Bloemfontein die afgelope brandseisoen, waar meer as 34 000 hektaar beskadig is. Ongeveer 8 500 hektaar het verlede jaarby die Maria Moroka Wildreservaat naby Thaba ‘Nchu net buite Bloemfontein gebrand.

Dit het ‘n volle dag geduur om die brand te blus en die brand het die lewe van 4 mense geëis. Verder is daar ook verskeie beserings tydens veldbrande aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×