Die omstrede voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en sy medebeskuldigdes sal na verwagting Dinsdag na die Vrystaatse hooggeregshof terugkeer vir hul multimiljoenrandse asbes-tender-korrupsiesaak.

EWN berig Magashule, die omstrede sakeman Edwin Sodi en 16 ander staar klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die gesig vir ‘n asbes-uitwissingskontrak ter waarde van R255 miljoen.

Sodi se maatskappy, Blackhead Consulting, saam met Diamond Hill Trading – wat deur die vermoorde sakeman, Igo Mpambani, besit was- was bedoel om asbesdakke van 300 000 huise in Vrystaatse townships te verwyder, maar dit het nooit gebeur nie.

Sodi sal na verwagting Dinsdag saam met Magashule in die beskuldigdebank verskyn. Magashule was Vrystaatse premier was toe die multimiljoenrand-tender toegeken is.

Onder die 18 beskuldigdes is Magashule se destydse persoonlike assistent, Moroadi Cholota, wat uit die Verenigde State uitgelewer is om tereg te staan in die saak.

error: Inhoud is beskerm !!