Die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magachule sê hy is platgeslaan oor die nuus dat sy eertydse assistent Saterdag in die VSA in hegtenis geneem is.
Netwerk24 berig advokaat Johann de Nysschen het die inligting oor Moroadi Cholota se inhegtenisneming vroeër vandag in die hooggeregshof in Bloemfontein aan die lig gebring gedurende die verskyning van 18 beskuldigdes wat van bedrog van R255 miljoen aangekla word.
‘n Lasbrief is vir Olly Mlamleli, voormalige burgemeester van die Mangaung-metro uitgereik, aangesien sy glo weens siekte nie vandag in die hof kon wees nie. Die verhoor is nou vir Junie op die hofrol geplaas.