As die Guptas in hegtenis geneem is, is hulle in hegtenis geneem en moet hulle sê wie korrup was. Dit aldus Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. Hy het bygevoeg dat die Guptas se inhegtenisneming niks met hom te doen het nie. Hy het hierdie uitlatings Woensdag in Arlington in die Vrystaat gemaak. Netwerk24 berig Magashule het op ‘n besoek aan die gemmenskap van Arlington gereageer op die inhegtenisneming van die Gupta-broers, Atul en Rajesh in Dubai, in verband met staatskaping. Die Guptas is reeds deur projekte soos die Vrede-suiwelplaas-skandaal in die tyd toe Magashule die premier was, met hom verbind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×