Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, se eertydse persoonlike assistant, Moroadi Cholota, is in Amerika weens die oortreding van die VSA se immigrasiewetgewing in hegtenis geneem.

Cholota staan tereg saam met Magashule en ander beskuldigdes in die asbesdaksaak wat in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.

Netwerk24 berig voorts dat Cholota beskuldigde nommer 17 in dié saak van R255-miljoen is.

Cholota sal in die VSA in aanhouding bly tot haar verhoor oor die beweerde oortreding van visum-bepalings.

Suid-Afrikaanse owerhede het ‘n uitleweringsaansoek aan die Amerikaanse regering gerig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×