Die voormalige assistent van Ace Magashule, Moroadi Cholota, het aan die Amerikaanse owerhede gesê dat sy nie ‘n regverdige verhoor in Suid-Afrika sal kry nie. Dít in ʼn poging om haar uitlewering te vermy om korrupsie-aanklagte in Suid-Afrika in die gesig te staar. Sy was Magashule se assistent toe hy destyds die premier van die Vrystaat was.

Cholota hou ook vol dat die aanklagte teen haar polities gemotiveerd is. Hierdie argument is deur die Amerikaanse howe verwerp. ‘n Regter van die Maryland-distrikshof het verlede maand beveel dat Cholota agter tralies bly terwyl die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, besluit oor haar uitlewering aan Suid-Afrika.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×