Die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, sê hy wil staatsbefondsing vir sy regsverdediging in die omstrede asbeskorrupsiesaak – wat nou in die hof draai – ontvang.
Hy sê hy was premier toe die beweerde korrupsie gebeur het en hy sal dus om staatsfinansiering vir sy regsverdediging aansoek doen.
Magashule, sakeman Edwin Sodi en 17 ander word van korrupsie ter waarde van R255-miljoen aangekla, rakende ‘n omstrede tender vir die vervanging van 300 000 huise in die Vrystaat se dakke.
Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC sê hy is bly die verhoor sal “uiteindelik binnekort voortgaan”.
Eyewitness News het vroeër berig die saak, wat sedert 2021 gekenmerk is deur vertragings, het byna gister weer vertragings ervaar met ’n uitstelversoek in die Hooggeregshof in Bloemfontein.
Die hof het egter die versoek verwerp.