Die ACT-party se Ace Magadhule gaan vandag se sitting van die Vrystaatse wetgewer misloop. Hy moet in die hof verskyn vandag op aanklagte van korrupsie wat verband hou
met die asbesdak-saak wat reeds jare sloer. Daar gaan luidens berigte ook geen ander lid van die party teenwoordig wees nie.

Die ACT het een setel in die Vrystaatse wetgewer gewen. Daar word verder verwag dat Maqueen Letshosa-Mathae van die ANC as die premier verkies en ingehuldig sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×