Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die Verkiesingswysigingswet werk nie. Maimane het sy standpunt hieroor gister met die media gedeel, toe hy sy party se vereiste handtekeninge by die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Gauteng ingedien het.

Hy reken die Wet is onregverdig, en dat dit slegs geskep is om diegene wat in die parlement sit, te beskerm. Maimane hou vol dat alle politieke partye, insluitend die ANC en die DA, handtekeninge moet insamel om aan verkiesings deel te mag neem.

Volgens hom reken sekere prominente partye hulle geniet steeds dieselfde steun as met vorige verkiesings. Hy sê dat dit nie noodwendig die geval is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×