Maimane sê hy het die regte besluit geneem om die party te verlaat

 Maimane sê hy het die regte besluit geneem om die party te verlaat

Die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, sê hy het die regte besluit geneem om die party te verlaat.

Hy het met verwysing na die gebeure van die afgelope jaar gesê die DA is nie die voertuig wat die beste geskik is om die visie van die bou van ‘n verenigde Suid-Afrika vorentoe te neem nie.

Maimane het in Oktober verlede jaar as leier van die amptelike opposisie bedank.

Hy sê sy visie is vir mense van alle ras-groepe om saam te werk om Suid-Afrika vorentoe te neem.

LeandreAdmin@