Mmusi Maimane, leier van die Build One South Africa-party, daag sy EFF-eweknie, Julius Malema uit, om sélf die geldigheid van Bosa se 140 000 verkiesingsteun-handtekeninge te ondersoek.

The Citizen berig Malema betwis die geldigheid van die Bosa-handtekeninge, met Maimane wat luidens ‘n verklaring sê Malema se aantygings word uiters ernstig opgeneem.

Die Bosa-verklaring dien ook as formele uitnodiging aan “Meneer Malema,” om sélf die handtekeninge môremiddag om drie-uur, by die OVK se Tshwane-kantoor, na te gaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×