Maite Nkoana-Mashabane, Die Minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en
Gestremdes, het vroue gemaan om entrepreneurs te word sodat hulle
self-onderhouend kan wees en nie afhanklik hoef te bly van lewensmaats wat hulle
mishandel nie. Nkoana-Mashabane het in Johannesburg gepraat waar vanjaar se
veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders van stapel
gestuur is. Die veldtog fokus vanjaar op die sosiale en ekonomiese bemagtiging van
vroue om nié slegs ter wille van finansiële oorlewing in vernederende verhoudings te
bly nie. Sy sê vroue moet hul eie inkomste verdien sodat hulle van geweld en
mishandeling kan ontsnap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×