Ondersteuners van ’n sangeres wat as Makhadzi bekend staan,  het ’n verhoog met toerusting ter waarde van byna R3 miljoen afgebrand toe sy nie opdaag vir haar vertoning nie.

Haar vertoning was gedurende ’n musiekfees in die Makwassie-stadion.

The Citizen berig dat die sangeres, glo nie haar betaling gekry het soos ooreengekom nie en kon dus nie optree nie.

Noordwes polisiewoordvoerder, Kolonel Adéle Myburgh, verduidelik dat die ondersteuners was baie ongelukkig en die organiseerders se pogings om die skare gelukkig te hou was oneffektief.

Net voor Kersfees het die polisie twee mans in hegtenis geneem wat vermoedelik selfone en persoonlike items gesteel het tydens haar One Woman Show in Polokwane.

Die woordvoerder van Limpopo polisie sê die mans het 14 selfone by hulle gahad.

IOL berig dat, terwyl die einste opvoering by die nuwe Peter Mokaba Stadion ’n sukses was, was die speelvlak van die PSL veld in te swak gehalte agter gelaat die dat opvolgende premiersokkerwedstryde soos die naweek sin vir ʼn ruk nie daar gespeel kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×