Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ketso Makume, het tydens die 2025/26-provinsiale begroting belowe om spookwerknemers en ‘n onbeheerbare loonrekening hok te slaan.

Central News berig dat volgens Makume plaas die rand se rekordlaagtepunt op 9 April en globale markontwrigtings geweldige druk op die provinsiale ekonomie.

Hy het Dinsdag tydens die begroting gewaarsku dat elke rand doeltreffend bestee moet word en het ‘n veldtog aangekondig met die naam “Waar is Wie, Wie is Waar?!” om die bestaan en plasing van personeel te verifieer.

Die inisiatief word deur die Provinsiale Tesourie en die Kantoor van die Premier gelei.

Makume sê dit is nodig om die provinsie se finansies op te ruim en openbare geld verstandiger te gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!